Thursday 26 January 2012

Brand beskadig winkelsentrum in Port Elizabeth

Kaapstad – ‘n Brand het in die vroeë oggendure in ‘n winkelsentrum in Port Elizabeth uitgebreek.

Die bestuur van die Greenacres-sentrum het in ‘n mediaverklaring bevestig dat die brand Donderdagoggend omstreeks 03:00 in die Checkers-winkel uitgebreek het.

Luidens dié verklaring is die brandweer onmiddellik na die toneel ontbied.

Niemand is in die voorval beseer nie.

Daar word berig dat House and Home, Checkers en talle ander winkels beskadig is.

Die volgende winkels sal Donderdag gesluit wees: Checkers, House & Home, Spitz, Absa, Bargain Books, Ackermans, Jet, Rage, Levisons, Romens, Exact, Identity, Queenspark, Debonairs, Froggies at Tinas, Health and Comfort Shoes, Shoe City, Travelex, Fragrance Boutique, Cut Above, Home Comforts (deel van Ackermans), Sheet Street, Maurice Levin Jewellers, Torga Optical, Pollocks en BT Games.

Alle ander winkels in die Greenacres-sentrum sal oop wees.

Die oorsaak van die brand is onbekend.

Motoriste moet Ringweg tot verdere kennisgewing vermy, berig RSG.

- Nuus24

No comments:

Post a Comment