Foto: Sers. Simon van Eck en sy vrou, Ronelda, in die puin van hul huis wat Dinsdag in Welkom deur ’n brand verwoes is. Hulle het alles verloor. Foto: Molly Green
WELKOM. – Agt mense, onder wie vier kinders, is dakloos gelaat nadat hul huis in Dagbreek voor hul oë afgebrand het.
Indien die brandweer meer paraat was, kon die meeste van die meubels dalk gered gewees het.
Só sê sers. Simon van Eck (33) van Somersetstraat 22, Dagbreek, Welkom.
Die inwoners van die huis het net die klere wat hulle aangehad het, oor. Die wasmasjien, stoof en vrieskas kon darem gered word.
Van Eck se vrou, Ronelda (27), sê hulle het Dinsdag omstreeks 11:00 buite gesit.
“Ek het rook geruik en in die huis in gegaan om vas te stel wat aangaan. Ek het gesien die bed in die hoofslaapkamer was aan die brand.
“Die vlamme het soos ’n veldbrand versprei.
“Ek het die brandweer gebel en ons het probeer om die vlamme met emmers water te blus.”
Haar man sê die eerste brandweerwa het omstreeks 11:25 daar opgedaag.
“Die drukpomp het nie gewerk nie. Die tweede brandweerwa het om 11:50 opgedaag. Die drukpomp van dié wa was ook foutief.
“Ons moes toe wag vir ’n brandweerwa wat van Virginia af gekom het.
“Terwyl die brandweerpersoneel hul monderings aangetrek het, het ek en ’n vriend solank die pype van die wa losgemaak.”
Die Van Ecks sê die brandweerpersoneel wou hulle nie toelaat om van die meubels te probeer red nie. Dit was te gevaarlik.
Van Eck, wat nou bykans tien jaar ’n polisieman is, sê die polisie sal probeer om so gou moontlik vir hulle ’n ander staatshuis te kry.
Die Van Ecks het twee kinders, Rhuwenca (9) en Jivan (3).
Al Rhuwenca se nuwe skoolbenodigdhede is ook in die brand verwoes.
’n Neef, mnr. Gladstone Jonas, sy vrou, Mellery, en hul twee kinders, Joyton (16 maande) en Jayleen (2 maande), bly by die Van Ecks. Ook hulle het al hul besittings verloor.
Die Van Ecks sê die bure en ander bekendes het hulp verleen. Hulle slaap by bure.
Mense wat met meubels en klere kan help, kan sers. Van Eck by 074-790-8299 bel.
- Volksblad
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Friday, 6 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment