Wednesday 25 January 2012

Man deur honde doodgebyt

GEORGE NUUS - ‘n Klomp honde het verlede week ‘n bejaarde man van Thembalethu byna opgevreet tydens ‘n grusame aanval in die nywerheidsgebied.

Die man (75) was onderweg na die slaghuis in die nywerheidsgebied om te gaan vleis koop, toe die honde hom in ‘n oop veld in Claystraat aanval. Die eienaar van die honde was nie by die huis ten tyde van die aanval nie. Die houthuis is geleë in ‘n veld.

Volgens luitenant Anna-Mart Deyce, die kommunikasiebeampte van die George-polisie, het die voorlopige nadoodse ondersoek getoon dat die man aan veelvuldige bytmerke gesterf het.

Dit is vermoedelik ook nie die eerste keer dat die honde iemand aanval nie. Die gebasterde honde is tans in die sorg van die plaaslike dierebeskermingsvereniging (DBV). Deyce kon nie sê of die honde uitgesit gaan word nie.

Die DBV het bevestig dat die honde in hul sorg geplaas is.

- George Herald

No comments:

Post a Comment