Fotos: Soos gesneuweldes op ‘n slagveld lê die grootste deel van Strijdom van der Merwe se uitstalling by Jamstreet.
OUDTSHOORN NUUS - Soos gesneuwelde soldate lê 13 van die 18 beeldhouwerke van Strijdom van der Merwe wat onlangs by Jamstreet opgerig is nadat ‘n stormsterkte wind hulle op 26 Desember platgevee het.
Volgens Danie du Plessis, mede-eienaar van Jamstreet en Moooi Kunsgalery het die wind en gepaardgaande swaar reën slegs enkele minute geduur, maar dit was sterk genoeg om die groot beeldhouwerke met ankerpenne en al om te ruk. Al 13 werke wat omgepluk is, is beskadig en dit is nog onduidelik wat die waarde van die skade beloop.
Du Plessis sê dat voorsorg wat hulle getref het nie bestand was teen die sterk wind van 26 Desember nie. "Ons weet al uit ondervinding dat die wind kwaai hier waai en het juis swaar klippe gepak om te keer dat die beelde omwaai, maar dit het nie gehelp nie. Ons het vir Strijdom laat weet van die voorval en sal saam met hom ‘n alternatiewe manier moet bedink om die beelde teen sterk wind te beskerm."
Behalwe die beelde is verskeie afskortings en mure van hout en klip ook by Jamstreet beskadig. ‘n Hoë heining by die splinternuwe toiletgeriewe is een van die strukture wat in die slag gebly het.
Die rukwind het vinnig uit die rigting van Dyssesldorp, waar 19 gesinne dakloos gelaat is, beweeg en ‘n gedeelte van Oudtshoorn getref.
ARTIKEL EN FOTO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
SAWDOS: Dit mag vir lesers voorkom of die SAWDOS talle artikels publiseer orr dieselfe storms and stormskade. Let asb. daarop dat die SAWDOS soveel artikels as moontlik plaas oor 'n voorval ten einde dit te bewaar vir rekord en navorsings doeleindes.
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
No comments:
Post a Comment