Tuesday, 17 January 2012

Swaar Reën en Storm Skade: Mpumalanga Provinsie

Dit reën sedert gisternag onophoudelik in Nkomazi in Mpumalanga. 'n Woordvoerder van die Nkomazi-munisipaliteit, Cyril Repinga, sê 'n aantal huise is beskadig en van die brue is reeds onder water. Repinga sê hulle beraam nog die skade wat deur die vloedwater veroorsaak is. Mense wat naby brue en riviere woon, is intussen gevra om versigtig te wees aangesien dit nog steeds reën in die gebied. - RSG Nuus

No comments:

Post a Comment