Saturday, 14 April 2012

Diepsloot: Inwoners moet nie water gebruik

Johannesburg – Die Stad van Johannesburg het Vrydag 'n dringende waarskuwing aan alle inwoners van Diepsloot uitgereik en hulle gewaarsku om nie kraanwater te gebruik nie omdat dit dalk besmet mag wees.

Millicent Kgowedi, 'n woordvoerder, het alle inwoners gevra om nie kraanwater of enige ander water in die Diepsloot-omgewing te gebruik totdat toetse afgehandel is nie.

"Inwoners moet gebruik maak van ons twee mobiele watertenke of die twee watertenke wat by uitbreidings 2 en 7 geplaas is," het Kgowedi gesê.

Volgens haar is voorsorg getref om seker te maak dat daar genoeg water vir almal sal wees.

Toetse word tans gedoen om vas te stel of die water besmet is.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment