The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Friday, 8 June 2012
Arm kleuters knus danksy skenking
Solange Mudekhwa (4), een van die kleuters by die Vos-gemeenskapskleuterskool in Sunnyside, Pretoria, kry lekker warm onder haar splinternuwe kombers vir die winter.
Die kleuters van die Vos-gemeenskapskleuterskool in Sunnyside, Pretoria, kon gister nie wag om hulle toe te wikkel in hul nuwe komberse nie.
Dié skool het as deel van die jaarlikse Winterhoop-projek bale komberse ontvang danksy skenkings van onder meer die Laerskool Monumentpark en die NG Kerk Universiteitsoord.
Die 120 kinders het elkeen ’n splinternuwe kombers gekry.
Dié kleuterskool is een van twee projekte in die Vos-gemeenskapsentrum in Joubertstraat.
Die ander behels dat haweloses van die omgewing drie keer per week vir ’n ete kan kom aansit.
Een keer per maand kry hulle ook toiletware. Klere en skoene word ook gereeld aan hulle uitgedeel.
Die Vos-gemeenskapsentrum is een van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) se projekte in die stad wat 14 jaar gelede ontstaan het weens die groot armoede in die gebied. Die kleuterskool het met 15 kinders begin en daar is nou 120 kleuters.
René Pretorius, bestuurder van dié sentrum, het gesê dit is ’n baie besonderse fasiliteit.
Omdat daar op die armste van die armes gefokus word is, word dié diens gratis gebied aan meer as die helfte van die kinders, wie se ouers meesal werkloos, enkellopend of MIV-positief is of vigs het.
Vanjaar se Winterhoop-veldtog het Vrydag begin en duur tot 20 Junie.
Die jaarlikse veldtog word vir die 12de keer aangebied en is ’n gesamentlike poging van Participate Empower Navigate (PEN) in Pretoria, MES, ’n organisasie wat na haweloses in Johannesburg, Port Elizabeth en Kaapstad omsien, verskeie kerke, liefdadigheidsorganisasies, die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF), RSG, kykNET en Media24-koerante.
Help die Winterhoop-projek om warm klere, komberse en nie-bederfbare kos in te samel. Skenkers kan geld by Absa, rekeningnommer 906 892 5251, takkode 632005, inbetaal. Skenkings kan afgelaai word by MES in Kempton Park (011 0244 580), CMR-Hoëveld (011 975 8220), CMR-Noord (012 460 9272) in Pretoria, KZN-Maatskaplike Dienste (033 342 7900), PEN (012 323 6688), die SAVF se nasionale kantoor (012 325 9320) en MES Johannesburg
(011 725 6351).
- Vir meer inligting bel Janthinus Schrage by 011 725 001 of stuur e-pos na winterhoop@pen.org.za.
- BEELD
Labels:
Relief Aid,
Winter Weather
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment