The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Saturday, 9 June 2012
Bejaarde vrou sterf in brand in haar huis
(Conrad Bornman, Foto24)
“SHARPIE, sê vir my dit is net ’n droom, Dintjé is nie dood nie,”
Dit was die woorde van Erika Sharp aan haar man toe ’n brand in hul buurvrou en vriendin Dintjé Kelling (76) se huis in Waverley uitgebreek en haar lewe geëis het.
Kelling is deur die rook oorval en het vermoedelik versmoor.
Die Sharp-egpaar het Donderdagaand verslae in die kompleks Waverly Gardens buite hul bedrywige, dierbare vriendin se huis gestaan terwyl lede van die Mangaung-metro se brandweer-en-reddingsdiens die vlamme geblus het. Nooddienswerkers van ER24 en Life-Rosepark was op bystand.
Kelling was in die stort toe sy deur die rook oorval is. Sy het probeer vlug, maar kon nie.
Haar lyk is, met haar stortkappie nog op die kop, naby die voordeur gekry nadat sy vermoedelik weens die rook versmoor het. Sy het nie brandwonde gehad nie.
Die huis het uitgebrand en die dak ineengestort.
Kelling, ’n oud-onderwyseres en departementshoof aan die Dr. Böhmer-skool, was volgens haar vriende en bure ’n ywerige naaldwerker en baie lief vir mense, reis en klassieke musiek.
Sy was ’n ouderling in die NG kerk Berg-en-Dal en ’n voormalige voorsitter van die Nellie Swart-damesklub.
Kelling word oorleef deur haar seun, Günther, sy vrou, Suzette, en hul seun, Günther jr., van Richardsbaai. Günther en sy vrou is albei chirurge wat aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer het.
Dr. Günther Kelling het gister gesê hy aanvaar sy ma se dood as deel van God se groter plan met haar lewe.
Die polisie sal met ’n forensiese ondersoek vasstel hoe die brand ontstaan het.
Braam van Zyl, afdelingsoffisier van die brandweer, sê Kelling is die agtste brandslagoffer in Bloemfontein die afgelope maand.
- Volksblad
Labels:
Emergency Services,
Fires
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment