Wednesday, 6 June 2012

Dodetal in Nigerië styg skerp

LAGOS. – Die dodetal in die Nigeriese vliegramp het tot sowat 200 gestyg.

Al 153 mense op die vliegtuig is dood toe dit Sondag in geboue hier vasgevlieg het. Die Nigeriese Rooi Kruis het gesê die dodetal kan styg omdat dit moeilik is om die presiese getal sterftes op die grond vas te stel.

Die Nigeriese regering het intussen gister die lisensie van die betrokke lugdiens, Dana Air, opgeskort twee dae ná die grootste lugramp in dekades in dié land, het die ministerie van lugvaartdienste gesê.

Dana Air ontken dat die vliegtuig kort voor die ongeluk meganiese probleme ondervind het.

Die drie dae van rou wat pres. Goodluck Jonathan aangekondig het, eindig vandag.

Die senaat het ’n ondersoek deur sy lugvaartkomitee gelas na die oorsaak van die vliegongeluk en om die lugwaardigheid van alle vliegtuie in die land vas te stel.” – Sapa-dpa, Reuters

- Die Burger

No comments:

Post a Comment