Wednesday, 6 June 2012

Vlamme eis drie kinders, 1 erg beseer

’n Randfonteinse pa moes die naweek self die verkoolde beendere van sy kinders in sy afgebrande huis optel en lykhuis toe neem.

Hy het vroeër met sy erg beseerde tienerdogter hospitaal toe gejaag.

Drie kinders is dood in die brand wat vroegoggend uitgebreek en die huis in puin gelê het.

Jaco Jordaan (34), eienaar van ’n motorwerkwinkel in Randfontein, en sy vrou, Suzie, deel glo al ’n geruime tyd hul woning met sy voormalige vrou, Nicolene, en haar huidige man, Tommy Dickson.

Al vier die volwassenes en ses van hul kinders het Sondag in dié huis geslaap toe ’n brand omstreeks 05:00 uitgebreek het.

Salome Jordaan (11), Tanya Jordaan, wat volgende week vyf sou word, en Armand Dickson (3) het in die vlamme omgekom. Jacques Jordaan (3) en Thomas Dickson (9 maande) het oorleef.

Kallie Hoffman, ’n motorwerktuigkundige wat vir Jordaan werk en in ’n buitekamer op die erf woon, vertel hy het vroegoggend van die 14-jarige Adri Jordaan se hulpkrete wakker geword.

Hy het na haar kamervenster gehardloop, die diefwering losgeruk en haar uit die brandende kamer gepluk. Sy is in ’n kritieke toestand in die Leratong-hospitaal opgeneem.

Frans Olckers (44), ’n familievriend, het gistermiddag gesê sy is uiters kritiek, maar “daar is altyd hoop en ek glo vas sy het wel ’n kans op herstel.

“Gisteraand was daar geen hoop nie en vandag funksioneer al haar organe normaal.”

Die nooddienste het glo eers sowat ’n uur later by die toneel opgedaag.

- Beeld

No comments:

Post a Comment