Bethlehem – Die dodetal in die hewige storm wat die Vrystaat laat Saterdagmiddag getref het, het tot vyf gestyg.
Majang Skalkie, ‘n polisiewoordvoerder, sê drie passasiers – twee mans en 'n vrou – is dood toe 'n bus, wat ANC-lede van Bethlehem na Fouriesburg vervoer het, omstreeks 17:30 omgeslaan het.
OFM berig Skalkie kon nie bevestig dat die sterk wind die oorsaak van die ongeluk was nie, maar sê die moontlikheid bestaan wel.
Die ander 61 passasiers se beserings wissel in graad en dis nie duidelik of almal gehospitaliseer is nie.
In nog ‘n voorval tydens die storm is ‘n vrou in haar twintigs op die plaas Wonderdroom dood. Die plaas is net buite Bethlehem op die Paul Roux-pad.
Die radiostasie berig die dak van Manapo Mofokeng se huis het onder die gewig van die hael meegegee en sy is binne-in vasgepen.
In die derde voorval het ‘n man sy lewe naby die Vaaldam verloor toe die huis waarin hy was inmekaar getuimel het. Vyf mense is ook in dié voorval beseer.
- Nuus24
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
No comments:
Post a Comment