Wednesday 20 June 2012

Oorsaak van brand by weeshuis nog onbekend

Johannesburg – Daar is steeds geen aanduiding wat die oorsaak was van ‘n brand wat verlede week by ‘n pleeghuis in Hartebeespoort in die Noordwes ontstaan het nie.

Eyewitness News berig drie jong broers het gesterf toe ‘n brand ‘n week gelede in die pleeghuis uitgebreek het.

Die broers – onderskeidelik sewe, nege en 14 jaar oud – het in ‘n tydelike houtstruktuur langs die gebou van Harties Haven geslaap toe die brand ontstaan het.

Personeellede kon nie die kinders red nie.

‘n Personeellid, Chris More, sê hulle het geen idee hoe die brand ontstaan het nie.

Hy het bygevoeg dat die kinders niks in hul besit gehad het wat die brand kon veroorsaak nie.

- NUUS24

No comments:

Post a Comment