SUID-KAAP NUUS - Die Suid-Kaap en Klein-Karoo is in die greep van die koudste weer nog hierdie winter. Die Swartberge en Outeniquaberge lê wit van die sneeu en inwoners oral in die gebied bibber.
Rampbestuur het ook voorsorg getref vir swaar reëns wat moontlik vloedtoestande kan teweegbring.
In Knysna, waar die Oesterfees die naweek aan die gang is, is spesiale voorsorg getref vir ramptoestande en alle personeel is gewaarsku om by te staan in geval van noodontruimings.
Sanparke het vandag die Touwriviermond oopgestoot en kampeerders in die Wildernisarea is na hoërliggende gebiede geskuif. Yskaste en ander beweegbare toerusting in chalets in laerliggende gebied is ook verwyder en na ‘n veiliger plek geneem.
Die brandweer is op bystand om motoriste op die pad na Uniondale oor die Potjiesbergpas by te staan indien ys of sneeu op die padoppervlak rytoestande gevaarlik maak.
In die omgewing van Mosselbaai is die mondings van die Groot-Brakrivier en Hartenbosrivier oopgestoot. Inwoners van Klein-Brakrivier is ook gewaarsku om reg te staan om te ontruim indien nodig. Bejaardes, siekes en gestremdes in laagliggende gebiede is ook aangeraai om by vriende tuis te gaan in geval van oorstromings.
By Oudtshoorn is die Swartbergpas gesluit.
- Mossel Bay Advertiser
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
No comments:
Post a Comment