Monday 20 August 2012

Honderde in Pretoria ontruim ná waterpyp bars

Johannesburg – Meer as 800 mense is ontruim nadat 'n hoof-watertoevoerpyp Maandag in Mamelodi, oos van Pretoria, gebars het, het die Tshwane-nooddienste gesê.

Johan Pieterse, woordvoerder, het gesê die Phomolong- informele nedersetting is oorstroom nadat die pyp omstreeks 01:00 Maandagoggend gebars het.

"Ons is steeds besig op die toneel en 'n soektog na die vermistes is aan die gang."

Pieterse het gesê een persoon is in 'n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem, terwyl vyf ander mense ligte beserings opgedoen het.

"Die Hans Strijdom-rylaan is van Hinterland- tot Pretorialaan vir verkeer gesluit. Verkeer sal geraak word omdat die pad eers later weer oopgestel sal word."

Motoriste is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

Pieterse het gesê hulle sal binnekort weet watter woongebiede se watertoevoer geraak word.

- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment