Wednesday 31 October 2012

Meisie vermis ná sy in drein beland

Johannesburg – Daar is steeds geen teken van ‘n meisie wat in ‘n stormwaterdrein in Ivory Park, noord-oos van die stad, geval het nie.

Eyewitness News (EWN) berig die tienjarige kind het in die drein geval toe sy Dinsdagmiddag ná skool terug huis toe gestap het.

‘n Reddingspan wat sewe duikers en drie reddingshonde insluit, het Woensdagoggend hul soektog voortgesit.

'n Man wat gepoog het om die meisie te red het volgens die nuusdiens gesê hy het hulpeloos gevoel. 

"Ek het nie gedink nie, ek het net gegaan. Daar is 'n bruggie oor die drein – so ek het daarheen gegaan en die kind probeer gryp, maar ek kon net haar rugsak bykom," het hy volgens EWN gesê.

Lees meer hier

- NUUS24

No comments:

Post a Comment