Friday 16 November 2012

NSRI Mosselbaai: Rescue 15 is op pad


Oomblikke voor die Rescue 15 by die Royal Cape Seiljagklub te water gelaat is. Sy vaar hierdie naweek na Simonstad alvorens die lang tog na Mosselbaai aangepak word. Foto: NSRI

MOSSELBAAI NUUS - Op Dinsdag, 6 November is die jongste toevoeging tot Mosselbaai se NSRI vloot in Kaapstad te water gelaat.

Die Rescue 15, voorheen bekend as die Lyoness, is na herstelwerk en rehabilitasie in 'n reddingsvaartuig omskep.

Die Rescue 15 is by die Royal Cape Seiljagklub te water gelaat nadat sy in die NSRI kleure getooi is. Sy sal hierdie naweek haar eerste vaart tot in Simonstad onderneem voordat sy in gunstige weer na Mosselbaai sal vertrek.

Pretdag

Mosselbaaiers word genooi na 'n pretdag ten bate van die NSRI op 1 Desember by die Vleesbaai Duineroete.
Teen R350 per voertuig kan 4x4 eienaars hul voertuie se krag in die duine kom toets en hulle verlustig aan 'n helikopter noodreddingsvertoning en 'n NSRI demonstrasie.

Die manne van 4x4 Off Road Training and Adventures sal ook beskikbaar wees met goeie advies oor duinery. 'n Prysuitdeling sal volg en deelnemers word genooi om hul eie verversings te bring vir 'n lekker kuier tussen die duine.

Kampgeriewe kan ook gereƫl word. Kontak Gouws op 071 660 5244 met navrae.

- Mossel Bay Advertiser

No comments:

Post a Comment