Saturday 10 November 2012

Supermark op Delareyville in Noordwes stort ineen na haelstorm

Foto: Verskaf deur Rita Johnson

Vyf mense is beseer toe 'n supermark op Delareyville in Noordwes ineengestort het. Die munisipale bestuurder, Dion Mere, sê die gebou het meegegee tydens 'n haelstorm wat met sterk wind gepaardgegaan het. Mere sê twee vroue is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Hy sê die munisipaliteit se ingenieursdepartement probeer die oorsaak van die voorval bepaal.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment