Saturday 10 November 2012

Weerlig slaan man dood onder boom (8 November 2012)


'n Man is Donderdag in Nigel aan die Oosrand onder 'n boom deur 'n weerligstraal doodgeslaan. Die woordvoerder van die Ekhuruleni Nooddienste, William Ntladi sĂȘ die man het saam met 'n groep mans onder die boom weggekruip tydens 'n erge donderstorm in Marievale. 'n Span van die nooddienste het hom bewusteloos onder die boom gevind en kon hom nie weer bybring nie. Niemand anders is beseer nie.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment