Monday 10 December 2012

Stormskade Pitsong - Oos Kaap


Verskeie inwoners van Pitsong in die Oos-Kaap is dakloos gelaat en sommige moes na 'n hospitaal op Matatiele geneem word nadat 'n hewige storm die dorpie getref het. Die burgemeester van Matatiele, Ntombovuyo Kopane, sê dakke van huise is afgewaai en verskeie bome is ontwortel. Kopane sê rampbestuurspanne is na die gebied gestuur om die skade te beraam. Sy sê berigte van skade op ander dorpies is ook ontvang.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment