The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Saturday, 23 June 2012
Hare waai oor eko-hok vol plastiekbottels
Die eko-hok vol plastiekbottels. Foto: DAVID PASTOLL
SodaStream en Coca-Cola is haaks oor die tentoonstelling van ’n eko-hok vol plastiekbottels wat op ’n stortingsterrein opgetel is en nou deel uitmaak van “’n veldtog om die aarde te red”.
Coke-bottels maak deel uit van die tentoonstelling en Coca-Cola eis van SodaStream om sy advertensieveldtog te staak en die eko-hok – wat op die O.R. Tambo-lughawe opgerig is – af te breek omdat dit glo Coke se beeld as “omgewingsbewuste maatskappy” skaad.
SodaStream weier en sê hy gaan hom nié deur ’n groot maatskappy, soos Coke, laat intimideer of “boelie” nie.
Coca-Cola voer in prokureursbriewe aan hy is ’n verantwoordelike maatskappy wat projekte vir die herwinning van sy koeldrankbottels regoor die wêreld aanmoedig. SodaStream “misbruik” Coca-Cola se handelsmerk om dié veldtog te voer.
Francois Dippenaar, Soda-StreamSA se uitvoerende direkteur, het gister gesê dis “absurd” van Coca-Cola om te dink hulle sal hul eko-uitstalling afbreek.
“Ons gee om vir die omgewing. Die waarheid is dat plastiekbottels ons planeet vernietig. 340 miljard bottels beland oral ter wêreld op stortingsterreine. Weens dié bedreiging vir die planeet sal ons die storie aanhou vertel.”
Dis “blote toeval” dat Coke se Sprite-, Fanta-, Sparletta- en Powerade-bottels deel van die tentoonstelling uitmaak.
Vukani Magubane, direkteur van openbare betrekkinge en kommunikasie by Coca-Cola, het gesê dit is dié maatskappy se doel om teen 2015 minstens die helfte van al sy bottels en blikkies te herwin.
Dippenaar het gesê SodaStream se veldtog word wêreldwyd gevoer en dis nét in Suid-Afrika waar Coca-Cola dié “onredelike eis” stel.
- BEELD
Labels:
Environmental Issues
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment