The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Friday, 8 June 2012
‘Maar my hand lyk dan nie mooi nie!’
Mikayla Robbertse van Lephalale (Ellisras) is ongeduldig om te sien wat onder daardie verbande aangaan, nadat sy vandeesweek weer rekonstruktiewe chirurgie gekry het in die Steve Biko Akademiese hospitaal.
Foto: Charmain Robbertse
Mikayla Robbertse (5) van Lephalale (Ellisras) is bra vies vir die wêreld.
Dié kind, wat in Desember deur ’n Mosambiekse spoegkobra gepik is, het gedink haar hand sou dadelik “mooi” lyk ná nog rekonstruktiewe chirurgie wat sy vandeesweek in Pretoria gekry het.
Toe sy wakker word in die Steve Biko- akademiese hospitaal, moes sy egter vaskyk in ’n klomp gips en verbande, het haar ouma Charmain gister gesê.
“Ek het vir haar gesê die verbande kan later dié maand, wanneer dit haar verjaardag is, af, maar sy wil niks weet nie.”
Mikayla het byna al die weefsel bo-op haar hand en voorarm verloor omdat die kobra se gif nekrose veroorsaak het.
Dokters het ’n liesflapprosedure in Januarie gedoen waar vel van haar lies op die hand vasgewerk is. Dit het genees, maar sy het die funksie in haar middelvinger deels verloor.
Eergisteroggend is vet uit die weefsel wat bo-op haar hand uitgebol het, gesuig om dit platter te maak. ’n Spier is ook uit haar pols gesny en oorgeplant in haar middelvinger.
Dié vinger is aan haar ringvinger vasgewerk as deel van ’n proses om die middelvinger se funksie te herstel.
Mikayla is vir minstens nog ’n week in die hospitaal.
- BEELD
Labels:
General Matters
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment