Showing posts with label General Warnings. Show all posts
Showing posts with label General Warnings. Show all posts

Sunday, 31 March 2013

Strong winds render scaffolding of Cape Town’s tallest skyscraper unstable

At 17:30 on Saturday, 30 March 2013 numerous reports were received from eyewitnesses regarding scaffolding becoming unstable at the Portside building in the Cape Town CBD.

Upon arrival of the City’s disaster response teams and the building inspectorate it was established that the scaffolding on the construction site has fallen to the ground.

The City’s law enforcement agencies have cordoned off the area surrounding the construction site in the interest of public safety.

The City’s building inspectorate has ordered the contractors, Murray & Roberts, to effect emergency repairs and stabilise the site without delay due to gale force winds that were experienced.

The Portside building currently under construction bordering Buitengracht, Hans Strijdom, Bree and Mechau Street, will be Cape Town’s newest and tallest skyscraper.

The building will be featuring 32 floors, over 52,000 m² of office space; 1,200 m² of retail and banking space, easily accessible from all sides on the ground level, and 1,382 parking bays.

End

Issued by: Disaster Risk Management Centre, City of Cape Town



Source: Wilfred Solomons-Johannes, Head: Systems Integration, Special Projects & Disaster Operations, Disaster Risk Management Centre, City of Cape Town

Friday, 9 November 2012

Chinese lanterns kan tot boetes lei


MOSSELBAAI NUUS - Die opstuur van brandende luglanterns, ook bekend as Chinese lanterns, kom op 'n brandgevaar neer, en verteenwoordig daarom ook 'n oortreding van die Munisipaliteit se Verordening insake

Gemeenskapsbrandveilighed. Die oortreding is strafbaar met 'n boete van R5 000 of gevangenisstraf van tot ses maande.
Die Mosselbaaise Munisipaliteit versoek inwoners en besoekers daarom om nie die lanterns los te laat nie.

Die praktyk was in die verlede veral gewild tydens die feesseisoen.

Die munisipaliteit wys ook daarop dat die afvuur van vuurwerke sonder die skriftelike toestemming van die munisipaliteit nie in die Mosselbaaise munisipale gebied toegelaat word nie. Dit sluit karavaanparke, asook strate, sypaadjies, strandgebiede, ensovoorts, in. Oortredings in hierdie verband is ook strafbaar met 'n boete of gevangenisstraf of albei.

- Mossel Bay Advertizer

Friday, 19 October 2012

Waarskuwing: Krokodille in Klein-Brakrivier

Hierdie krokodil is deur die SJB ongeveer 13km van 'n vakansieoord in Klein-Brakrivier gesien. Foto: Neels Meyer

MOSSELBAAI NUUS - Minstens ses Nylkrokodille is die afgelope drie maande deur die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging (SJB) in die bo-lope van die Klein-Brakrivier gesien.

Een van die krokodille was glo bykans 2.5m lank.

Die vermoede bestaan dat die krokodille hulself al 'n geruime tyd in die Palmiet-, Haalkraal- en Koumarivier gevestig het. Dié riviere mond uit in die Klein-Brakrivier.

Daar word beweer die krokodille is afkomstig van 'n naby geleë plaas wat eens 'n krokodilplaas was en tydens vloede oorspoel het. Hoewel inwoners al geluide van moontlike krokodille in die rivier gehoor het, is dit bevestig toe 'n werknemer van Eskom onlangs op een van die krokodille afgekom het en 'n selfoonfoto aan SJB gestuur het.

"Ek wou dit eers nie glo nie. Ons het gaan kyk en kry toe wraggies 'n krokodil in 'n sykloof ongeveer 13km van 'n vakansieoord in Klein-Brakrivier," sê mnr Neels Meyer, voorsitter van die SJB.

"Dit is belangrik om te bepaal hoeveel krokodille in die sisteem teenwoordig is, terwyl daar ter selfde tyd aandag gegee word aan metodes om die krokodille te verwyder, sê die bewaringsdienste bestuurder van Cape Nature Tuinroete, mnr Barend le Roux.

Gedurende Junie 2011 is die aanwesigheid van krokodille in die Brandwagomgewing aan Cape Nature gerapporteer. Na 'n ondersoek kon die aanwesigheid van krokodille egter nie bevestig word nie.

Volgens Le Roux is daar in Augustus 2012 'n krokodil in die Meulrivier gesien en met 'n vanghok probeer vang. "Dit was egter onsuksesvol en 'n permit vir die skiet van die krokodille is aan drie oewer eienaars uitgereik." Hy vra inwoners om nie paniekerig te raak nie, maar bewus van die krokodille in die rivier te wees.

Die Crocodylus niloticus is 'n beskermde dier en mag nie sonder 'n permit geskiet word nie.

"Hoewel dit 'n beskermde spesie is, word dit nie as inheems tot die area geklassifiseer nie," sê Meyer. Volgens hom is daar skaars en bedreigde inheemse visspesies in die rivier, wat deur hierdie reptiele bedreig word.

Intussen het Dr Michele Gratz van die Mosselbaai Munisipaliteit 'n waarskuwingspamflet aan plaaseienaars in die omgewing uitgereik, waarin die publiek gemaan word om uiters versigtig in die omgewing van riviere en damme te wees.

Die SJB is ook genader om die probleem te help aanspreek en het reeds verskeie dele van die riviere gefynkam.
Meyer sê inwoners moet nie plase betree in 'n soektog na die diere nie.

"Die Nylkrokkodil is 'n opportunistiese voorlêjagter wat nie net prooi vang wanneer dit honger is nie, maar instinktief reageer wanneer beweging naby is en uiters gevaarlik en aggresief is."

Boere, plaaswerkers en veral kinders wat in die rivier swem moet versigtig wees, sê Meyer.

Volgens Le Roux sal krokodille hier kan oorleef oor die beskikbaarheid van kos in die riviersisteme, asook die gematigde temperatuur. Indien jy 'n krokodil gewaar, kan jy Cape Nature kontak by 044 802 5300, die Mosselbaai Munisipaliteit by 044 606 5210 of die SJB by 044 695 2319.


Die krokodille is goed gekamofleer. Foto: Neels Meyer.

ARTIKEL: LOUISE KARSTEN, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS