Showing posts with label Toxic Substance. Show all posts
Showing posts with label Toxic Substance. Show all posts

Monday, 12 March 2012

Gif gebuit wat soos kitskoffie lyk en ruik

’n Vragmotor met ’n vrag gifstof wat soos kitskoffie lyk, is die naweek naby Heidelberg aan die Oos-Rand gekaap.

Lt.kol. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die vragmotorbestuurder is Vrydag kort voor 20:30 deur kapers van die pad gedwing.

“’n Vuurwapen is op die bestuurder gerig en hy is uit die stuurkajuit van die MAN-vragmotor gedwing,” het Mogale gesê.

Die gifstof was in seilsakke verpak en vir ’n myn in die omgewing bestem.

Volgens Mogale is die gekaapte voertuig die laaste keer naby ’n brug oor die N3-hoofweg naby die Vosloorus-oorpad opgemerk.

“Daar is vir ons gesê die gifstof lyk en ruik soos kitskoffie,” het Mogale gesê.

Die “koffie” is gister geïdentifiseer as Casa-poeier.

Dit is ’n dekstrien-soort chemikalieë vir mynproduksie.

Daar was kommer dat die kapers moontlik die gifstof aan niksvermoedende verbruikers sal wil afsmeer.

“Mense moet onder geen omstandighede die gifstof gebruik nie,” het Mogale gesê.

Enigiemand met inligting oor waar die MAN-vragmotor met registrasienommers BG 22J VGP is, word gevra om die tolvrye misdaadinligtingsnommer 0 32211 te bel.

Die letters KVE is aan albei kante van die voertuig sigbaar.

- Beeld

Saturday, 10 March 2012

Highly toxic load on hijacked truck

Johannesburg - An interlink truck that was hijacked near Heidelberg is carrying a highly toxic load that looks like coffee, police said on Saturday.

The truck was hijacked at 20:20 on Friday on the Spook Bridge that crosses the N3 highway and was last seen heading towards Vosloorus, provincial police spokesperson Lieutenant Colonel Katlego Mogale said.

"The driver was cornered and forced to leave his cab at gunpoint," she said.

The load was about to be delivered to a nearby mine and is in canvas bags.

"We have been told that it looks and smells like instant coffee but under no circumstances should people consume it," said Mogale.

Police were worried the hijackers will try to pass the chemical off as coffee and sell it to unsuspecting consumers.

The white MAN truck has the letters KVE on its sides. The registration is BG22JVGP. Sightings of the vehicle can be reported to Crime Line on 32211.


- SAPA/News24