Monday, 2 January 2012

Ceres voel aardtrilling

2011-12-30 10:42

Daar was vanoggend 'n groterige aardtrilling in Ceres.

"Ek het selfs vir 'n minuut gedink 'n bom het iewers afgegaan en groot geskrik," berig Die Burger se verslaggewer LEIGHTON KOOPMAN.

Baie van die dorp se mense het dit gevoel en hulle gons vanoggend daaroor.

Selfs die honde het tot 03:00 aanhoudend geblaf.

Dit het so 01:35 plaasgevind en is binne sekondes verby.

Die Burger volg tans diƩ storie op.

SAWDIS: Dankie aan Cor en Suzette asook Andrew Perrins vir die inligting. Bevestiging dus dat daar wel 'n aardskudding in die Ceres area voorgekom het.

No comments:

Post a Comment