Friday 27 January 2012

Karoo: Elke druppel tel

Die Olifantsrivier, het verlede naweek gesorg dat die Stompdriftdam met byna 4% styg.

OUDTSHOORN NUUS - Na die geweldige hittegolf verlede week het reënbuie in en rondom Oudtshoorn welkome verligting van die hitte gebring, maar weinig gedoen om damvlakke op te stoot.

Reën wat in die Groot-Karoo geval het, het egter gesorg dat die Stompdriftdam se watervlak met ‘n meter gestyg het.
Sondag het die Olifantsrivier ‘n sterk stroom water na die dam afgevoer en teen Woensdag het die dam se vlak van verlede week se 9,5% tot 13% gestyg.

Volgens George van Biljon, uitvoerende beampte van die Stomp-drift-Kamanassie Watergebruikers-vereniging is die water baie welkom maar is dit nog geensins genoeg om in boere se behoeftes te voorsien totdat die reënseisoen begin nie.
Wat wel voordelig is van die water wat met die Olifantsrivier langs gevloei het is dat die rivier se bedding nou nat is en dat meer water met ‘n volgende reënbui in die dam sal opeindig.

As ‘n voorsorgmaatreël vir vloedtoesetande is ingenieurs besig om een van die boë van die damwal te versterk. Volgens van Biljon het die week se reen weinig verskil gemaak aan die vlak van die Kamanassiedam wat tans 57% vol is.

- Oudtshoorn Courant

No comments:

Post a Comment