Monday 9 January 2012

Kind verdrink in Harmony-park getypoel naby Kaapstad

Johannesburg – ‘n Sewejarige seun het Sondag by Harmony-park naby Kaapstad verdrink, het ‘n amptenaar van die stad gesê.

Die kind het in die moeilikheid beland in die getypoel by die Harmony-park-oord in die Strand, het rampbestuur-woordvoerder Wilfred Solomons-Johannes gesê.

“Die seun het saam met sy vriende geswem, sonder toesig.”

Volgens Solomons-Johannes het lewensredders en paramedici vir ‘n uur lank mond-tot-mond-asemhaling op die kind gedoen.

“Die pogings om die kind by te bring was onsuksesvol. Die familie is in ‘n toestand van skok en reëlings is gemaak om trauma-berading aan hulle te bied.”

- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment