Wednesday 25 January 2012

Laerskool Park lei groot skade na storm Mosselbaai tref

MOSSELBAAI NUUS - Die swembad by Laerskool Park het tydens die swaar reën op Maandagmiddag totaal oorstroom toe groot hoeveelhede stormwater daarnatoe gestroom het.

'n Groot hoeveelheid gemors, onder andere grond, blare en ander tuinvullis, lê tans in die swembad.

Volgens 'n assessor van die skool se versekeringsmaatskappy, sal die skade etlike duisende rande beloop.

Die swembad kan dus nie tans vir swemoefening en -galas gebruik word nie.

- Mosselbaai Advertiser

No comments:

Post a Comment