Sunday 22 January 2012

Puk-student verdrink in kampus-swembad

Potchefstroom – ‘n Student van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus het in ‘n swembad op die kampus verdrink, het OFM berig.

‘n Ondersoek na Saterdagmiddag se voorval het reeds begin.

Die student was ‘n inwoner van Ratau-manskoshuis.

Geen verdere inligting kan bekend gemaak word voordat sy naasbestaandes in kennis gestel of die polisie-ondersoek afgehandel is nie.

Verskeie personeel en kundiges van die NWU is reeds besig met berading en bystand van sy mede-koshuisinwoners.

Prof. Herman van Schalkwyk, rektor van die kampus, en die studentedekaan, prof. Rikus Fick, het met hartseer van die voorval kennis geneem en sal binnekort met die familie van die student in verbinding tree en bystand aan hulle verleen.

- OFM/Nuus24

No comments:

Post a Comment