Friday 27 January 2012

Sikloon Funso rig groot skade aan in Mosambiek

Die Mosambiekse weerdiens sê die tweede tropiese laagdrukstelsel wat binne twee weke die suidelike deel van die land getref het, het duisende huise verwoes. Swaar reën vergesel van sterk wind het meer as 250-duisend gesinne geraak sedert die storms verlede week begin het. Die nuutste tropiese laagdrukstelsel het van die sentrale provinsie Sofala oorbeweeg na die suidelike Inhambane-provinsie. Sowat 26 mense is tot dusver in die oorstromings dood. - RSG Nuus

No comments:

Post a Comment