Monday 9 January 2012

Skipper kry hartaanval voor boottragedie

Johannesburg – (Rapport)Die skipper en eienaar van die motorboot wat Maandag die lewe van twee tieners geëis het, het ’n hartaanval agter die stuur gekry voordat hy self in die water beland het.

Rapport verneem ook Eddie dos Santos (42) het nie sy noodskakelaar (dead man’s ­choke) aan hom gekoppel nie.

Ingevolge wetgewing moet ’n skipper die koord van ’n noodskakelaar op die boot aan sy reddingsbaadjie of sy arm koppel sodat die boot se enjin outomaties afskakel as die skipper uit die boot geslinger word.

In die Bronkhorstspruitdam-tragedie kon die lewe van die twee tieners, Ramon da Costa (17) en sy vriendin, Mikaela de Araujo (16), dalk gespaar gewees het as Dos Santos die wet gehoorsaam het.

Die twee tieners is vermoedelik saam met Dos Santos van die motorboot afgeslinger, waarna die boot onbeheers in sirkels gevaar het en hulle noodlottig deur die skroef beseer is.

Intussen meen polisieduikers en watersport-deelnemers dat meer lewens gespaar kan word as die Gautengse waterpolisie-eenheid nog sigbare polisiëring op die provinsie se damme en riviere toegepas het.

“Ek was op die toneel en die skipper (Dos Santos) het beslis nie sy noodskakelaar aan sy reddingsbaadjie of sy arm gekoppel nie,” sê ’n lid van die provinsie se waterpolisie.

Lees meer HIER.

No comments:

Post a Comment