Monday 9 January 2012

Storm verwoes 200 huise in Bloemhof (8 January 2012)

Swaar reën en 'n haelstorm het meer as 200 huise in die Boitumelong en Coverdale townships in Bloemhof in Noordwes verwoes. 10 mense is in die voorval beseer. Die meeste van die huise se dakke het afgewaai tydens die storm wat sowat 'n halfuur geduur het. Die woongebiede is ook sonder elektrisiteit. Die burgemeester van die Lekwa-Teemane munisipaliteit, Moeder Makodi, het bevestig dat die inwoners in 'n plaaslike gemeenskapsaal gehuisves sal word.

RSG en SAFMNews

No comments:

Post a Comment