Die beseerde hand van Mikayla Robbertse (5) van Lephalale (Ellisras) word nou by haar lies deur weefsel en bloedvate help genees.
Sy is deur ’n Mosambiekse spoegkobra gebyt.
Die liesflap-tegniek is dié week in die Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria op Mikayla uitgevoer nadat dooie weefsel vroeër uit haar linkerhand en -voorarm gesny is.
Dr. Anton Brewis, een van die plastiese chirurge wat die operasie uitgevoer het, sê dit is ’n betroubare tegniek wat gebruik word wanneer daar nie weefsel op die hand oor is wat rondgeskuif kan word nie.
Die ligamente in Mikayla se hand was oop en moes met nuwe weefsel uit haar lies bedek word.
Volgens Brewis word ’n flap wat bestaan uit vel, onderhuidse weefsel en bloedvate uit die lies gesny.
Die flap is aan drie kante los, maar aan een kant aan die lies vas waar dit deur die bloedvate gevoed word.
Die flap, wat dus sy eie bloedvoorsiening het, word opgelig en op die hand vasgewerk.
Brewis sê die bloedvate van die flap integreer met die oorblywende bloedvate van die hand.
Ná sowat drie weke word die flap, wat op die hand agterbly, van die lies losgesny.
Die snit in die lies word toegewerk.
Me. Charmaine Robbertse, Mikayla se ouma en voog, sê toe Mikayla ná die operasie wakker geword het, het sy “baie baklei”.
Sy het aan Mikayla verduidelik sy moenie aan haar hand pluk nie omdat dit skade kan aanrig. “Sy het dit gelate aanvaar en was rustig en kalm. Sy werk baie mooi saam. Dit is verbasend.”
Vel is ook van Mikayla se bobeen op haar voorarm oorgeplant.
Daar is aanvanklik gevrees dat Mikayla se middelvinger afgesit sou moes word, maar daar is nog beweging en bloedtoevoer in dié vinger.
Die slang het Mikayla die aand van 19 Desember op haar hand en elmboog gepik terwyl sy in haar bed geslaap het.
Die uitwerking van ’n Mosambiekse spoegkobra se gif is soortgelyk aan dié van ’n pofadder.
Dit veroorsaak nekrose en die slagoffers kan maande lank weefsel verloor.
- Die Beeld
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Friday, 6 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment