’n Brand het gistermiddag verskeie plakkershutte in die Lusaka informele nedersetting in Kruispad naby Nyanga verwoes. Die brand het net ná 15:30 uitgebreek en baie vinnig versprei.
Volgens mnr. Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die munisipale rampbestuureenheid, het 45 hutte afgebrand en is omtrent 160 mense dakloos gelaat.
“Daar is geen beserings of sterftes aangemeld nie. Oorhoofse elektriese kabels is ook in die brand beskadig wat kragtoevoer na die gebied beïnvloed het. Munisipale beamptes het gisteraand die toevoer herstel.”
Die rook het ook vir ’n hele tyd lank motoriste se sig op die N2 na en van die stad belemmer. Dit het ’n bietjie van ’n opeenhoping veroorsaak.
Die rampbestuureenheid het kospakkies, komberse, klere en boumateriaal aan die mense wat deur die brand geraak is, uitgedeel.
- Die Burger
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment