Foto: Maj. Henk Pietersen se Oryx-helikopter hang in die lug bo die Blyderivier terwyl hulle mense red wat weens vloede vasgekeer is. Foto: AO. Christo Crous
Die ergste vir ’n lugmagvlieënier was om vir die weer te wag om ’n bietjie op te klaar sodat hy sy Oryx-helikopter in die lug kan kry om mense te red.
Daardie uur voordat maj. Henk Pietersen van 19 Eskader by die Hoedspruit-lugmagbasis en sy bemanning Woensdagoggend kon opstyg, was suiwer frustrasie.
“Die moeilikste was om daar (by hul kantoor) te sit en te weet daar is mense wat jou hulp nodig het, maar jy kan nie vinnig genoeg by hulle uitkom nie,” het Pietersen gesê.
Erge reën het Dinsdagnag en Woensdagoggend gemaak dat verskeie paaie en brûe in die Hoedspruit-omgewing verspoel het.
Pietersen, wat ’n Oryx vlieg, en sy bemanning het opgestyg, maar moes weer land omdat hulle weens die swaar weer niks voor hulle kon sien nie.
Sowat ’n uur later was die weer effens beter en het hulle opgestyg. ’n Agusta-helikopter het ook met die reddings gehelp.
“Die eerste redding was ’n man en vrou en hul twee honde wat aan die skoorsteen op hul dak gehang het,” het Pietersen gesê.
“Ons moes die mense gespe en een vir een in die helikopter inlaai. Selfs die honde is in die harnas in gegespe.”
Volgende het Pietersen en sy bemanning mense gered wat aan bome in die Blyderivier vasgeklou het.
Wat dié redding so moeilik gemaak het, was dat die mense aan die onderpunt van die boom was en te moeg was om na bo te klim.
Die redder wat uit die helikopter na die mense moes gaan, is sowat 3 m stroomop laat sak en dan met die water tot by die mense gespoel.
In een van dié pogings is die redder beseer en het hy water in sy longe gekry.
Hulle was ook bang hy het ’n been gebreek wat toe nie gebeur het nie. Hy is gister uit die hospitaal ontslaan.
Dié span het Woensdag tot omstreeks 20:00 gewerk en teen gistermiddag agt mense gered en sowat 300 mense geskuif.
- Die Beeld
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment