Saturday, 11 February 2012

Concordia: Brandweer red seun se teddiebeer

Giglio – Brandweerpersoneel het hul lewens in gevaar gestel om 'n teddiebeer wat deur 'n kind in die gestrande Costa Concordia-passasierskip agtergelaat is, te vind.

Die seun se pa het 'n brief aan inwoners geskryf wat hulle tydelik gehuisves het waarin hy gesê het sy seun kan nie sonder sy teddiebeer slaap nie.

Brandweerpersoneel wat besig was om die skip te deursoek is ingelig oor die vermiste teddiebeer en het teruggegaan om daarna te soek. Hulle het dit gevind in 'n deel van die wrak wat nog bo die water is.

Hulle het dit na die seun gestuur wat in Verona in die noorde van Italië woon, het 'n koerant berig.

Minstens 17 mense het gesterf toe die Costa Concordia op 13 Januarie aan die Italiaanse kus gestrand het. Vyftien ander mense word steeds vermis.

– The Independent.

No comments:

Post a Comment