Thursday, 16 February 2012

Europa: Koue eis meer as 500 lewens

Boekarest – Owerhede in die ooste van Europa sê die ysige weer het reeds meer as 500 mense se lewens geëis.

Volgens die Russiese owerhede het 205 mense sedert Januarie gesterf, terwyl daar 112 sterftes in die Oekraïne aangemeld is.

Altesaam 107 mense het hul lewens in Pole weens die koue verloor.

Luidens berigte word Roemenië ook erg geaffekteer. Sowat 23 000 mense is steeds in 225 gemeenskappe geïsoleer.

Amper 4 000 mense sê hulle het te min kos, water en medisyne.



- Sapa - AP - Nuus24

No comments:

Post a Comment