Wednesday, 1 February 2012

Intydse Weerwaarneming: Despatch (1 February 2012)


Ek stuur een foto wat ek om 18h55 geneem het. As jy die foto groter maak sal daar klein swart kolle te sien wees. Dit is swaeltjies wat in n suidelike rigting baljaar in die lug , tog te bly oor die reen. So twee drie dae terug het ek n voeltjie hoor fluit toe sĂȘ ek my vrou luister daar hoor hoe fluit die reen voeljie. Ongelukkig ken ek nie sy naam nie. Hier het dit vanoggend 02h45 begin dreun en reen. Ek het die water meter vanoggend uitgegooi toe lees dit 55mm. Vanoggend 07H00 tot 19h00 het dit 100mm gereen. WN Johann Pretorius, Despatch

No comments:

Post a Comment