Thursday, 9 February 2012

Toring brand af in Wildernis

Foto: Attie Hoffmann - Wildernis NSRI-vrywilliger

WILDERNIS NUUS - Die lewensredderstoring op die strand in Wildernis is verlede Donderdagaand na bewering deur booswigte aan die brand gesteek.

Vrywilligers van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Wildernis het die brand probeer blus, en Eden-brandweer, Metro se reddingspan en die polisie het hulle ook na die brand gehaas.

Na wat verneem word is drie verdagte persone, wat gelyk het of hulle weghardloop, in Sandweg opgemerk.

Kaptein Bernadine Steyn, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het vandeesweek gesĂȘ geen sake is by die polisie ge-open nie.

- George Herald

No comments:

Post a Comment