Tuesday 27 March 2012

Swaar weer veroorsaak chaos in Mosselbaai

MOSSELBAAI NUUS - Die swaar elektriese storm vroeg Saterdagoggend het chaos veroorsaak op Mosselbaai.

Om 08:15 het blitse na bewering die elektriese substasie by Benevolent Park beskadig, en groot dele van die dorp is vir etlike ure sonder elektrisiteit gelaat.

Die Life Bay View hospitaal het deurgeloop toe blitse die dak bo die kraamsaal beskadig het, elektronika beskadig het en telefoonverbinding geraak het.

Die kontrakteurs het reeds begin om die dak te herstel en die hospitaal se kragopwekkers het verseker dat geskeduleerde operasies soos klokwerk kon voortgaan.

Daar is egter skade aan onder meer die lugversorgers en ander elektriese toerusting wat vandag dringend aandag kry.

Op Danabaai is die padoppervlak van Heideweg deur die vinnige afloop van die water by die Scarta afrit beskadig.
Groot dele van die dorp het na bewering tot en met Sondag steeds onderbroke kragtoevoer gehad.

Die dorp het nogtans gebaat by die reën.

- Mosselbaai Advertiser

No comments:

Post a Comment