Monday, 9 April 2012

Ligte sneeu het oor verskeie bergreekse in die Boland uitgesak

Ligte sneeu het oor verskeie bergreekse in die Boland uitgesak te midde van lae temperature oor groot dele van die Wes-Kaap. Sneeu het intussen op die bergpieke tussen De Doorns en Touwsrivier op die N1 geval, terwyl sneeu vroeër ook aangemeld is in die Matroosberg Natuurreservaat op Ceres. 'n Woordvoerder by die reservaat sê die sneeu lê hoog op die bergpieke. Koue en nat weerstoestande het die grootste gedeelte van die Paasnaweek in die provinsie voorgekom. - RSG Nuus

No comments:

Post a Comment