Thursday, 19 April 2012

Man sterf ná val

'n Man is dood nadat hy ses meter ver geval het op 'n konstruksieterrein in Westville in Durban.

Volgens 'n woordvoerder van Netcare 911 is die man, 'n konstruksiewerker, laat gisteraand op die toneel dood weens die beserings wat hy opgedoen het .

"Besonderhede rakende die oorsaak van die ongeluk is iets wat deur die departement van arbeid ondersoek moet word, " het die woordvoerder gesê.

- Sapa/Beeld

No comments:

Post a Comment