omgewing. Die 33kv lyn is op verskeie plekke beskadig en spanne is tans besig met herstelwerk. As gevolg van die kragonderbreking het Duiwelskloof ook geen water nie.
Volgens inligting behoort die kragtoevoer laatmiddag herstel te wees.
30 Maart 2012: Geweldige storm met baie sterk wind het losgebars ongeveer 17h30 in die Tzaneen/Duiwelskloof omgewing. Ons was oppad vanaf Tzaneen na Duiwelskloof waar ons ongeveer 3km buite Duiwelskloof tot stilstand gekom het agv. van bome oor die pad.
Nood dienste was gou op die toneel met die nodige toerusting om die bome te verwyder. Verkeer het ongeveer 2km weerskante van die versperring opgedam en omstreeks 18h20 verwyder. Kragdrade is op die grond en Duiwelskloof en omliggende gebiede is sonder elektrisiteit
Sover bekend is daar nie lewensverlies nie maar wel baie skade aan infrastuktuur.
Weathersa het 2 stormwaarskuwings om 17h10 en 17h15 per sms uitgereik waarvoor ons dankbaar is maar die intensiteit daarvan was ons nie te wagte nie.
Met ligdag more sal ek fotos neem van die skade en aanstuur.
W/N Monte Nell
ZS6CEW
Fotos: Monte Nell (Klik op fotos om te vergroot.)
No comments:
Post a Comment