Suid-Afrika het minder as sewe weke tyd om op aandrang van die VSA sy olie-invoer van Iran “betekenisvol te verminder”.
As dit nie gebeur nie, kan internasionale sanksies én ’n olietekort die land ná slegs 19 jaar weer in die gesig staar.
Die regering, oliemaatskappye en banke wat vir olie aan Iran betaal, moet voor of op 28 Junie amptelik teenoor die VSA onderneem om invoer van dié Persiese Golf-staat af te skaal én dit sigbaar toe te pas. Minstens 26% van Suid-Afrika se ruolie word maandeliks van Iran ingevoer.
Avhapfani Tshifularo, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Petroleumindustrie-assosiasie (Sapia), het aan Beeld gesê: “Dit is nie vir ons ’n sake-besluit nie. Dit behels ’n politieke besluit oor politieke druk.”
As Suid-Afrika egter nie sy olie-invoer van Iran drasties sny nie, moet hy baie gou versoeke aan die VSA rig om uitstel en tydelike kwytskelding van finansiële sanksies.
Hoewel diplomatieke bronne en die departement van energie bevestig dat “uiters sensitiewe” gesprekke daagliks plaasvind, is dié versoek nog nie aan die VSA gerig nie, is aan Beeld gesê.
“Ons verwag teen die einde van die maand ’n kabinetsbesluit hieroor. Ons sal ons deur die regering laat lei.
“Dis eenvoudig nie moontlik om sommer net van een verskaffer na ’n ander oor te skakel nie. Dit gaan baie tyd en geld verg,” het Tshifularo gesê.
Die hele Iranse banksektor, insluitend sy sentrale bank, waaraan die betalings vir olie gedoen word, word in Amerikaanse wette uitgewys as instellings wat “terreur finansier en deur geldwassery risiko’s inhou vir die internasiole finansiële stelsel”.
Die VSA se hele finansiële stelsel is van 1 Julie wetlik verplig om alle betalings aan Iran deur state, waarvan Suid-Afrika een is, wat nie aan die vereistes van dié wet voldoen nie, te stuit.
As die regering nie voor 28 Junie tot ’n vergelyk kom met die VSA nie, sal Suid-Afrika geen betalings vir Iranse olie deur die Amerikaans oorheerste internasionale finansiële stelsel aan Iran kan doen nie.
Die moontlikheid is dan sterk dat Iran noodgedwonge sy olie-uitvoer na Suid-Afrika sal moet opskort, met onberekenbare gevolge vir brandstofverbruikers.
Die departement van energie het in Maart ’n verklaring gesê “daar is geen rede vir paniek nie” omdat ander oliebronne gesoek word.
Thandiwe Maimane, woordvoerder, het gesê dit is steeds die regering se standpunt en bevestig dat die kabinet teen “einde Mei ’n besluit sal neem”.
Geen ander betrokke staatsdepartement, asook Jimmy Manyi, regeringswoordvoerder, wou gister op vrae reageer oor die huidige stand van sake nie.
Suid-Afrika is tans een van 13 lande wat nie tydelik van die gevolge van Amerikaanse, Britse en Europese Unie-sanksies teen Iran kwytgeskeld word nie.
Nadat hulle voldoen het aan die vereiste van “betekenisvolle vermindering”, het Japan en tien Europese lande uitstel gekry. Hulle het nou 180 dae van
1 Julie om hul olie-afhanklikheid van Iran verder af te skaal.
Banke wat genader is om kommentaar, het nog nie teen druktyd gereageer nie.
- Beeld
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
No comments:
Post a Comment