Wednesday, 9 May 2012

Seun (5) verdrink in Vanderbijlpark

Johannesburg – ‘n Vyfjarige seun het verdrink toe hy in ‘n swembad in Vanderbijlpark geval het, het paramedici gesê.

Jeffrey Wicks van Netcare 911 sê die kind is Woensdagoggend omstreeks 10:00 in die swembad gevind.

Die swembad is by die huis waar sy ouma as ‘n huishulp werk.

Wicks sê die kind het glo in die tuin gespeel toe hy in die swembad geval het.

Hy sê die kind was reeds uit die swembad gehaal toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hulle kon nie die kind bybring nie.

Die seuntjie is op die toneel dood verklaar.

- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment