Monday 14 May 2012

Sonvlam-uitbarsting se strale tref dán

Die bestraling van ’n sonvlam-uitbarsting sal die aarde na verwagting vandag omstreeks 16:30 plaaslike tyd skrams tref.

Geen ernstige versteuring van kommunikasie met kortgolf-radioseine, GPS-toestelle of selfoonnetwerke word verwag nie, maar sterker uitbarstings kan nog kom.

Die webwerf spaceweather.­com het gister gesê ’n koronale massa-uitbarsting (CME) het Vrydag teen ’n spoed van 1 000 km/s van die son af in die aarde se rigting uitgeskiet.

Daar word verwag dit sal die aarde se magnetiese veld “skrams” tref.

’n Sterk uitbarsting, soortgelyk aan die een in Januarie wat wél kommunikasienetwerke geraak het, kan volgens dr. Pierre Cilliers, ’n navorser van die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap (Sansa) se ruimteweer-direktoraat, in die volgende paar dae plaasvind.

- Beeld

No comments:

Post a Comment