Sunday, 6 May 2012

Vliegtuig 'het laag gevlieg voor neerstorting'

Johannesburg – Ooggetuies sê die vliegtuig wat die naweek buite Greytown in KwaZulu-Natal neergestort het, het baie laag gevlieg voordat dit die grond getref het.

Die SABC berig Ruan Redelinghuys was eerste op die ongelukstoneel. Hy woon op ‘n plaas naby die plek waar die vliegtuig neergestort het.

Hy sê “die vlamme het nog erg gebrand” toe hy by die toneel opgedaag het.

Jurgen en Analise Christensen was van Piet Retief na hulle dogter in Greytown op pad toe die ongeluk plaasgevind het, het RSG vroeër berig. Hulle het nie die ongeluk oorleef nie.

Die burgerlugvaartowerheid ondersoek die oorsaak van die ongeluk.

- NUUS24

No comments:

Post a Comment