Monday 11 June 2012

Bibberweer bly vir res van week

Suid-Afrikaners moenie eens daaraan dink om hul serpe en dik sokkies weg te pak nie – die naweek se bibberweer gaan vandeesweek in groot dele van die land voortduur.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens gaan die minimum temperatuur in Johannesburg eers teen die naweek bo 2°C styg, met 3°C wat vir Saterdag voorspel word. Dinsdag se minimum gaan ’n ysige -1°C wees.

Deur die dag gaan temperature by ’n gemiddelde 15°C bly, met ’n effens warmer 17°C wat vir Woensdag voorspel word.

Soortgelyke temperature word in Pretoria verwag.

Ook in Nelspruit gaan minimum temperature tot Donderdag onder vriespunt bly.

Maksimum temperature tussen 15°C en 19°C word verwag.

Potchefstroom se minimum temperature gaan na verwagting van gister se -6°C styg na tussen -4°C en -2°C. ’n Maksimum van 17°C word vir die hele week voorspel.

Polokwane se minimum gaan teen Donderdag na 2°C daal. Die maksimum styg teen Woensdag na 21°C, en behoort tot die naweek so te bly.

Geen reën word voorspel nie en dit sal sonnig wees in die meeste gebiede.

- BEELD

No comments:

Post a Comment