KAAPSTAD. – Diegene wat sneeu wil gaan soek, sal moet wag tot later, want sonskynweer word vandeesweek vir reg oor die provinsie voorspel.
Die maksimum temperatuur in en om Kaapstad gaan rondom 20°C wees. Die sneeu op die Matroosberge by Ceres het gister slegs op die hoë bergpieke gelê.
Die berge van De Doorns, Du Toitskloof, Worcester en Rawsonville was ook ligweg met sneeu gepoeier.
Didi de Kock van die Matroosberg Private Natuurreservaat het gister gesê diegene wat gister na die sneeu gaan kyk het, is die berge uit met viertrekvoertuie.
“Dit is ’n lieflike sonskyndag. Van die mense loop in kortmouhemde hier rond.”
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens word geen reën vir Kaapstad, die Boland, die Tuinroete en die Suid- en Weskus vir vandag en môre voorspel nie. Inwoners van Kaapstad, Mosselbaai, Worcester en Beaufort-Wes kan vir ’n dagtemperatuur onderkant 20°C voorberei. Op Langebaan sal die kwik tot by 20°C draai.
Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van die Kaapse stadsraad se rampbestuureenheid, het by navraag aan Die Burger gesê die stadsraad het 3196 mense in informele nedersettings gehelp met komberse en warm kos.
Hy het mense weer gewaarsku oor hoe vinnig brande kan ontstaan en gesê hulle moet ’n ogie hou oor oop vlamme en dat hulle seker moet maak dat kerse, lampe en paraffienstofies uitgedoof is voordat hulle gaan slaap.
Kgomoco Diseko, ’n woordvoerder van die regeringsagentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), het gesê hulle help dringend mense wie se persoonlike dokumente in die slag gebly het in die kwaai reën van Donderdagaand.
“Ons beamptes is besig om maatreëls in te stel om te verseker dat mense nie daardeur ontwrig sal word nie.”
- Die Burger
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Monday, 11 June 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment