Thursday 26 July 2012

Kinders van St. Helenabaai 'vergiftig'

Kaapstad – AfriForum gaan gevaarlike gasvrystellings van verskeie visfabrieke in St. Helenabaai aanspreek, het die burgerregte-organisasie in ‘n verklaring gesê.

Dit volg op ‘n “desperate pleidooi” deur die plaaslike gemeenskap om die "vergiftiging" van kinders in skole en dagsorg-sentrums oorkant die straat van die fabrieke stop te sit.

Lillian Alberts, ‘n lid van die organisasie, het in die verklaring gesê die inwoners van St. Helena Baai en aangrensende gebiede is die “slagoffers van omgewingmisdaad.”

“Die publiek se gesondheid is na bewering in gevaar as gevolg van die groot hoeveelheid giftige vrystellings, insluitend waterstofsulfied (H2S) wat in die lug uitgelaat word deur plaaslike vismeelfabrieke.”

Volgens Alberts is daar bewys dat kroniese lae-vlak-inaseming van H2S ewe giftig is as waterstofsianied wat gebruik is om mense in Nazi-kampe meer as 60 jaar gelede uit te wis.

AfriForum sê die regering word al sedert 2009 in kennis gestel van die hoë voorkoms van kanker en ander gesondheidsverwante probleme in St. Helena Baai, vóór ‘n menslike gesondheidsrisiko-evaluering (MGRE) gedoen is.

“Toe die departement van omgewingsake gevra is om 'n amptelike ondersoek in te stel na die inwoners se gesondheidstoestand, het hulle geweier,” lui die verklaring.

“Die hartseerste deel is dat staatsamptenare hulle toestemming gee dat die lewens van die mense vernietig word," sê Alberts.

AfriForum sê hy gaan die minister van omgewingsake vra om aksie te neem teen diegene wat verantwoordelik is.

- Nuus24

No comments:

Post a Comment