Saturday 21 July 2012

Toeriste vasgekeer deur sneeu naby Drie Susters

Toeriste by Travalia Gastehuis naby Drie Susters is Saterdagoggend begroet deur 'n sprokies-tuin. Die sneeu het egter hulle reisplanne gekelder met paaie wat in alle rigtings gesluit was. Foto: Pieter Hall

BEAUFORT-WES NUUS - Sowat 20 toeriste is die afgelope naweek deur swaar sneeu by Travalia Gastehuis naby Drie Susters vasgekeer.

Meeste van die toeriste was op pad huistoe na die skoolvakansie en het Vrydagaand by die gastehuis oornag. Saterdag, na swaar sneeu deur die nag geval het, was alle paaie egter onbegaanbaar en die toeriste moes maar vrede maak met hul lot.

"As gevolg van die sneeu het ons ook nie elektrisiteit gehad nie," het bestuurder Pieter Hall gesĂȘ. "Dit op sy beurt het beteken ons het ook nie water gehad nie, want ons kon dit nie pomp nie. Maar gelukkig het die toeriste dit redelik goed hanteer en dit as 'n avontuur beskou."

Volgens hom kon die die Kapenaars darem Sondag huistoe ry, maar die Vrystaters moes nog 'n aand oornag, want die paaie na Bloemfontein was teen Sondag nog gesluit.

"Daar was geen ongemak of beserings en almal kan dit as nog 'n interessante hoof-stuk in hulle lewens beskou. Almal het rondgeloop en foto's neem, al was dit bitterkoud," het Hall gesĂȘ.

('n Ou Karoo legende lui dat Drie Susters eers Vier Susters was, maar dat drie van die vier so baie gepraat dat die vierde een amper van haar kop af is. Sy het haar rotsonderrok gelig en die vlaktes ingehardloop. Vandag geniet sy die stilte van die Karoo by Nelspoort, waar 'n koppie wat net soos die Drie Susters lyk die vlaktes intuur.)

- Oudtshoorn Courant

No comments:

Post a Comment